Recent Updates RSS Toggle Comment Threads | Keyboard Shortcuts

  • oudjoe 19:34 on 09/10/2009 Permalink | Reply  

    Die Facebook ding is nogal OK. Kry verlede week uit die bloute ‘n knyp of iets van Dirk wie ek laas in (seker 1981) gesien het. Hy bly al die afgelope 27 jaar in Amerika. Ook vir Barry (vriend van laerskooldae af) raakgeloop. Hy praat nie baie op FB nie, speel meer met sy plaasdiere.Ander Barry lui verlede jaar die klokkie by die hek. Ons het darem al saam gebraai maar moet dit weer doen.

     
  • oudjoe 16:30 on 21/07/2009 Permalink | Reply  

    E pos adres 

    Allerhande skarmunkels sit advertensies op die bladsy. Ek het nou die epos gedeelte gedelete. As jy jou storie wil pos, pos dit na my en ek sal dit plaas.

    Hoop dit hou die mense weg.

     
  • oudjoe 20:38 on 19/07/2009 Permalink | Reply  

    My liefde vir Pizza 

    Ek hou van pizza en koop elke nou en dan ‘n rou een by PnP, maak ‘n stukkie warm (bak, kook wat dit ook al genoem wiord) eet dit en los die res in die vrieskas vir later eet. Vannaand sit ek voor die TV en verlang daarna om die pizza te eet.

    Ek gaan haal die pizza uit waar ek dit in die yskas gebêre het. Klaar gedink oor hoe warm die oond moet wees en op watter rak ek dit sal sit.

    Lekker groen pizza.

    Nou gaan ek maar ‘n eier eet.

    JJ

     
  • oudjoe 10:43 on 18/07/2009 Permalink | Reply  

     
  • oudjoe 15:59 on 10/07/2009 Permalink | Reply  

    My Close Encounters of a Spietkop kind 

    Vandag ry ek na Pretoria om dokumente te gaan aflewer. My motor se lisensie het einde Mei verval en ek het al probeer om dit te hernu. Randburg, die naaste lisensiekantoor, is partymaal gesluit of blykbaar nie werkend nie – net wanneer ek daar aankom.

    Ewenwel, ek is nou baie versigtig met die bestuurdery. Net duskant die T-aansluiting by Kyalami, en na jy dit gesien het is geen verdwynplek in sig nie, sien ek net verkeersbeamptes aan beide kante van die nuwe(r) pad. Ek ry toe maar aan, die pad word vernou na een baan en die motors ry al hoe stadiger.
    Hoe nader ek aan die plek kom hoe meer sien ek. Een van daai kameras op pote wat die nommerplaat afneem en, as daar fout met die voertuig (soos uistaande boetes en goeters) is trek ‘n luide stem jou af. Voor my ry ‘n bakkie en ek probeer dit tussen my nommerplaat en die kamera hou. Dit werk egter nie so goed nie.

    ‘n Beampte wys die bakkie moet aftrek, wat ook gebeur. Nog ‘n beampte kom van links af aangeloop na my motor en beduie maar ek kyk anderpad en “sien” hom nie en hou aan met ry. (O ja, die lense van die ligte agteraan die motor is ook stukkend.) Die beampte draf na die middelmannetjie en spring in ‘n voertuig. Nou is ek darem ‘n entjie verder en draai links by die T. Na die volgende robot is daar ‘n hele klomp motors agter my. Niemand agtervolg my nie. Die beampte het nooit in die voertuig gespring nie. Hy het rustig daarin geklim om iets te doen.

    Met die terugkom van Pretoria af kan ek die pad waar ek weer regs moet draai mooi sien toe ek by die bult afkom. Die voertuie vloei goed in Johannesburg se rigting en staan nie soos met die gaan nie. Ek draai my regs draai en hulle staan nog steeds daar. Twee maal gelukkig op dieselfde dag by een padblokkade – ek glo nie. Ek wil sommer self al aftrek om my storie te vertel oor die lisensiekantoor war ek nie gehelp kan word nie. Gelukkig sien ek dat hulle besig is om op te pak. Sjoe!

    Johan

     
  • oudjoe 14:06 on 09/07/2009 Permalink | Reply  

    selfone 

    As jy kan email van jou selfoon af kan jy jou storie ook hier kry.

     
    • Johan 14:09 on 09/07/2009 Permalink | Reply

      Dit lyk asof jy in elk geval jou e-mails sal moet afsluit met jou naam anders tel die blog dit nie op nie.

  • oudjoe 13:42 on 09/07/2009 Permalink | Reply  

    Stories 

    Hierdie is ‘n email na die storie blog om te sien of dit so ook kan werk. Johan

     
  • oudjoe 13:38 on 09/07/2009 Permalink | Reply
    Tags: elke dag dinge, stories   

    Ek is besig met Oudjoe se blog en praat oor my tyd in die Army. Dit het my op die gedagte gesit om ander mense se kant van ‘n storie te hoor soos hulle dit beleef (het). Hierdie P2 blog tema leen hom blykbaar tot ‘n groepblog. Kom ons probeer.

    Ek dink die meeste stories kom uit elke dag se dinge wat gebeur. Stel ‘n tema voor vir die eerste bladsy. Ons kan later nog bladsye byvoeg.

     
  • oudjoe 13:32 on 09/07/2009 Permalink | Reply  

    Hello world! 

    Welcome to WordPress.com. This is your first post. Edit or delete it and start blogging!

     
    • Mr WordPress 13:32 on 09/07/2009 Permalink | Reply

      Hi, this is a comment.
      To delete a comment, just log in, and view the posts’ comments, there you will have the option to edit or delete them.

c
compose new post
j
next post/next comment
k
previous post/previous comment
r
reply
e
edit
o
show/hide comments
t
go to top
l
go to login
h
show/hide help
esc
cancel